Riverlea: zama zama skietoorlog klink soos vuurwerke

Zama zama’s teister Riverlea al vir jare sonder dat die kriminele dade enigsins daadwerklik deur die regering aangespreek is.

In Desember 2023 is 5 van die onwettige myners dood nadat daar ‘n onderonsie uitgebreek het oor grondgebied tussen die verskillende faksies.

Die onwettige besetting deur die zama zama’s in baie goudmyne is geen nuutjie nie. Die probleem is net nooit daadwerklik aangespreek nie en nou, in 2024, word dit hanteer asof dit uit die bloute op die misdaadtoneel verskyn het.

Vanoggend, het die zama zama’s weer eens op mekaar gevuur met AK47’s en die SAPD en veiligheidsmaatskappye moes ontplooi word na die toneel.

Inwoners van Riverlea het wakker geword met geweervuur wat soos vuurwerke geklink het. Hulle het die erns van die saak besef toe die helikopter van die Gauteng Verkeerspolisie Airwing die omgewing begin omsirkel het.

Wat ‘n relatiewe “stil” jaar was nadat baie van die ingange na die myne verseël is, het vanoggend die rustigheid in ‘n oorlogsone omskep. Die oorlog oor die goud wat gedelf word, het humeure laat ontvlam.

Die SAPD het hul K-9-eenheid gebruik om die zama zamas op te spoor en het daarin geslaag om ses verdagtes te voet vas te trek nadat hulle op die helikopter losgebrand het in ‘n veld. ‘n Geweer en and vuurwapens is gevind, maar die ander zama zama’s het in die nabygeleë skag hul toevlug gaan soek.

https://twitter.com/GP_CommSafety/status/1872609584214626420

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui