Nog 2 dwelmmuile word op OR Tambo gearresteer

Die polisie het nog twee dwelmhandelaars op Sondag, 15 Desember 2024 by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem.

Hierdie Baziliaanse dwelmmuile, 30 en 35 jaar oud, het pas vanaf São Paulo, Brasilië, geland toe hulle by die lughawe onderskep is.

Een van hierdie handelaars is in besit van meer as 4 kg kokaïen in sy bagasie gevind, terwyl ‘n mediese x-straal die teenwoordigheid van dwelm-“koeëls” bevestig het wat deur die ander dwelmmuil ingesluk is.

Vyftien “koeëls” wat kokaïen bevat, is vrygelaat.

Dié verdagtes sal na verwagting vandeesweek in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met dwelmhandel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui