SAL vlieëniers staking opgeskort

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het bevestig dat die vlieëniersstaking, wat op 5 Desember begin het, Saterdagoggend 7 Desember opgeskort is.

Aanvanklik het die werkers gevra vir ‘n 30% salarisverhoging, wat verminder is tot 15,7% plus voordele. Die SAL het egter net 8,46% aangebied, wat glo teruggedateer is na April, die tyd toe die onderhandelinge begin het.

Die staking het verskeie reisigers in verskeie lughawens, veral OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg, gestrand en gefrustreerd gelaat.

Die SAL sal na verwagting teen Sondag 8 Desember terugkeer na ‘n 100%-vlugskedule, met meer as 100 vlieëniers wat teen 12:00 op Saterdag 7 Desember terugkeer na hul pligte.

Die SAL het ook sy opregte dankbaarheid teenoor sy kliënte uitgespreek vir hul geduld, begrip en ondersteuning gedurende hierdie tydperk.

Kliënte word aangeraai om die SAL-webwerf www.flysaa.com en sosialemediaplatforms te besoek vir opdaterings oor die SAL-vlugskedule.

Eendag, lank gelede was die SAL ‘n trotse simbool van Suid-Afrika.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui