Die erg ontbinde oorskot van ‘n vrou wat Sondag in Sardiniëbaai gevind is, is vermoedelik dié van Silvia Wittal, wat drie jaar gelede vermis geraak het.
Wittal (45) van Richmond Hill, in Gqeberha, het op 30 Desember 2021 vermis geraak nadat sy haar kinders by haar eksman afgelaai het.
Haar silwer Kia Picanto is later verlate in Schoenmakerskop gevind.
Polisiewoordvoerder, Kaptein André Beetge, sê DNS-toetse en verdere forensiese ontleding sal gedoen word om die identiteit van die oorledene te bevestig.
“Die SAPD het op 1 Desember 2024 omstreeks 09:00 die oorskot van ‘n vrou op die Sacramento-roete, Schoenmakerskop, gevind.
“Dit is vermoedelik die oorskot van Silvia Wittal.
“Ná ’n uitgebreide soektog vir drie jaar is sy nooit gevind nie, maar die nuwe ontdekking kan die deurbraak in die raaisel wees.
“Die gedeeltelike oorskot wat ‘n skedel insluit, sowel as persoonlike besittings van Silvia Wittal is gevind,” het Beetge gesê.
Dit is ‘n ontwikkelende storie.
