Daar is wye reaksie sedert die aktivis Willem Petzer, die bostaande video uitgereik het oor Gift of the Givers.
Die video gaan uitsluitlik oor Gift of the Givers en daar is geen verwysing na enige kwessies rondom Israel en Palestina nie. Mnr Petzer beklemtoon dat wanneer ons regering kant kies, word ons benadeel. Die Suid-Afrikaanse regering moes eerder neutraal gebly het. Hy het hom egter glad nie hieroor uitgespreek tydens die feite wat hy genoem rondom Gift of the Givers nie – hy het slegs die motief agter hul goeie werk utigelig.
Mnr Petzer het nie die goeie werk van Gift of the Givers afgemaak nie – hy lê net feite op die tafel. Die feit is dat min mense bewus is van dit wat onder die dekmantel van goeie werke geskied.
