MEDIAVRYSTELLING
Lyttelton SAPD Vals Polisie Selfoondiefstalsindikaat
Op 5 November 2024 het Lyttelton SAPD, in samewerking met TMPD en deelname van sekuriteits, twee verdagtes aangekeer wat hulle voorgedoen het as polisiebeamptes en selfone gesteel het.
Die verdagtes het skoolkinders geteiken, vals polisie-ID’s aangebied en slagoffers oortuig om hul fone vir “inspeksie” te oorhandig. Hulle sou dan die foon met ‘n vals een omruil, dit in ‘n koevert verseël en vlug.
’n Multidissiplinêre operasie wat daarop gemik was om straatrooftogte en selfoondiefstalle te verminder, het tot die verdagtes se arrestasie gelei. Lyttelton SAPD en TMPD het die verdagtes se wit VW Polo opgespoor en ‘n taktiese operasie uitgevoer.
Twee gesteelde selfone en ‘n vervalste polisie-ID-kaart is in die voertuig gevind.
Die is gearresteer op gronde van nabootsing van polisiebeamptes en besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
Die verdagtes sal binne 48 uur in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Speurders sal moontlike skakels na ander selfoonroofsake wat die afgelope twee maande aangemeld is, ondersoek.
Verklaring van stasiebevelvoerder, brig M Toohey:
“Soos ons die feestyd binnegaan, sal ons ons sigbaarheid en bedrywighede verskerp. Ons sterk verhoudings met wetstoepassingsagentskappe en misdaadbekampingsvennote verseker dat misdadigers nie welkom is in Lyttelton nie.”
