Die lyk van ‘n man is op 30 Oktober in ‘n vlak graf by ‘n woning in Arnoldistraat in Heidelberg ontdek.
Die plaaslike polisie het bevestig dat die woning eens deur Jaén-Lee Pyne, die moordbeskuldigde in die skietery op 3 Julie in Ueckermannstraat, saam met ander huurders bewoon is.
Volgens berigte het Pyne vir vyf jaar by die perseel gebly.
Die huis waar die lyk gevind is
Hy is tans uit op borgtog vir die moord op Etienne du Preez en die poging tot moord op Flip Minnaar.
Sy volgende hofverskyning is op 12 November.
Luitenant-kolonel Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, het bevestig uitgebreide ondersoeke is aan die gang.
Volgens Masondo het die polisie ‘n wenk ontvang wat tot die uitgrawing gelei het, waartydens ‘n lyk wat in ‘n mat toegedraai is in die voortuin gevind is.
