Nog kampe brand in die Krugerwildtuin

Die brande word in hierdie stadium vermoedelik as wehgolbrande gesien en is onder beheer gebring.

Twee kampe in die Krugerwildtuin (KNP) het Sondagaand 20 Oktober verwoede brande ervaar.

Die geaffekteerde kampe was Tamboti en Maroela, en alle gaste is as veiligheidsmaatreël na Orpen Ruskamp ontruim.

Volgens ‘n KNP-woordvoerder, Issac Phaahla, het die plaaslike afdelingsveldwagter, Greg Bond, en sy span, met die ondersteuning van ander veldwagtersafdelings in die park, die South African Wildlife College, en die Hans Hoheisen Wildnavorsingstasie daarin geslaag om die brande omstreeks 22:00 onder beheer. Die brande het ook die Talamati-gebied bereik, maar die riviergrens het verhoed dat dit verder versprei het.

“Sowat 90% van die tydelik ontruimde gaste is veilig terug na hul onderskeie kampe begelei, en die res het gekies om op Orpen se parkeerterrein vir die nag te kamp. Ons is baie dankbaar vir die spanne en ondersteuning van Bond wat onvermoeid gewerk het totdat die brande onder beheer was,” het hy gesê.

Phaahla het bygevoeg dat geen skade aan eiendom of beserings tot dusver aangemeld is nie. Daar word vermoed dat hierdie brande wegholbrande is. Die spanne is in die veld en versamel inligting rakende die brande.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui