Swemmers word versoek om by Alkantstrand en Newark-strand ‘geen bad’-tekens te gehoorsaam.
Swem en ander aktiwiteite word tot verdere kennisgewing by Alkantstrand in Richardsbaai verbied nadat twee grootwithaaie in die gebied gevind is. Die strand is vanoggend (Vrydag) deur die Stad uMhlathuze gesluit.
Die voorsorgmaatreël is ingestel nadat twee grootwithaaie op die dromlyne voor die dolfyn-uitkykplatform gevang is.
Volgens kenners is dit die tyd van die jaar wanneer grootwithaaie meer algemeen in Natal se waters voorkom, moontlik voor die boggelrugwalvisse wat hul terugreis – met hul kalwers – langs die kus af na die Antarktiese gebied kruis om gedurende die somer maande tyd in die suidelike halfrond deurbring .
Weens die walvismigrasieseisoen is die haainette al vir ‘n paar maande by Alkantstrand gelig.
Richardsbaai-inwoners en besoekers word versoek om by die “nie-bad”-tekens wat by Alkantstrand en Newark-strand opgerig is, te hou vir die duur van die sluiting.
