‘n Uitsluiting van dertig jaar beteken hierdie mans sal nooit weer toegelaat word om in die finansiële bedryf te werk nie.
Die FSCA het nog twee mense vir dertig jaar uitgesluit in verband met die NGV Trust nadat hulle vroeër ook vir dertig jaar die stigter van BHI, Craig Warriner, vroeër uitgeskakel het.
Warriner het homself verlede jaar aan die polisie oorgegee en erken dat hy BHI soos ‘n Ponzi-skema bestuur het. Sowat 2 000 beleggers het sowat R3 miljard verloor wat hulle in BHI Trust belê het wat Warriner (60), pleks van belê het, gebruik het om rente aan vroeëre beleggers te betaal.
Hy is in die Palm Ridge-handelsmisdaadhof tot 25 jaar vir bedrog gevonnis nadat hy ‘n pleitooreenkoms gesluit het. Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) het hom ook vir 30 jaar verbied nadat hy die optrede van die BHI Trust en Warriner tussen 7 Februarie 2013 en 30 September 2023 ondersoek het.
Volgens afdwingingsbevele wat op sy webwerf gepubliseer is, het die FSCA nou ook vir Michael Haldane en Mauro Forlin uitgesluit ingevolge artikels 153(1) en (2) van die Wet op die Regulering van die Finansiële Sektor (FSR), of alternatiewelik artikel 14a(1) van die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste, met onmiddellike effek.
Volgens die bevel verbied die FSCA vir 30 jaar vir Haldane en Forlin om alle finansiële produkte of finansiële dienste te verskaf of betrokke te wees by die verskaffing van alle finansiële produkte of finansiële dienste, omskryf in alle finansiële sektorwette waarvoor die FSCA verantwoordelik is onder Bylae 2 van die FSR-wet.
Hulle word ook nie toegelaat om op te tree as ‘n sleutelpersoon van enige finansiële instelling soos omskryf in die FSR Wet nie en word verbied om dienste te verskaf wat met finansiële produkte of finansiële dienste verband hou.
Haldane is ook vir bedrog en geldwassery gearresteer
Die Valke se ernstige kommersiële misdaadondersoekeenheid het Haldane (55) in hegtenis geneem nadat hy homself op 3 Junie vanjaar aan die polisie oorgegee het. Die Valke het Sona Pillay (54) ook in hegtenis geneem.
Haldane en Pillay het in die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery. Borgtog van R100 000 elk is op 10 Junie aan hulle toegestaan.
Daar word verwag dat meer individue in dié saak in hegtenis geneem sal word.
Warriner het BHI Trust gestig en bestuur en ‘n hoë lewe gelei en skouers geskuur met die elite van Johannesburg. Hy het skuld beken op 207 aanklagte van bedrog, korrupsie en praktisering sonder ‘n finansiëlediensteverskafferlisensie in stryd met die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste.
Bewyse in die hof het getoon dat Warriner minder as 20% van die fondse wat in BHI Trust belê is, vir wettige verhandeling gebruik het.
Warriner is tot 15 jaar gevonnis vir elk van die 38 aanklagte (570 jaar), maar sal dit gelyklopend uitdien. Vir die oorblywende aanklagte, behalwe aanklag 207, is hy tot nog 15 jaar gevonnis, waarvan hy 10 jaar samelopend met die eerste vonnis sal uitdien. Hy is ook op aanklag 207 tot 10 jaar gevonnis, wat ook samelopend met die eerste en tweede vonnisse uitgedien sal word.
BHI is in November 2023 gelikwideer ná ’n ondersoek deur die FSCA.
