Verootmoedingsdiens soos beplan vir 1 Sept 2024 om 12:00

Geskryf deur Dr. Jann Schlebusch

Vierde opvolg van die verootmoedigingsversoek van Dinsdag 30 Julie 2024

Verootmoediging en die nageslagte:

Dit is en bly die verantwoordelikheid van ouers om hul kinders op te voed en te leer in die waarheid. Die basis van die bestaan van ‘n Christelike volk word tot in die fynste besonderheid in Gods woord (Die Bybel) beskryf, en dit geld ook vir die ouers se verpligting tov. hulle kinders. Hieroor het Jesus Christus Hom in geen onduidelike taal uitgespreek nie. Matt 19:14: “Laat die kindertjies staan en vehinder hulle nie om na My te kom nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele”

Op jou as ouer rus die verskriklike oordeel as jy jou kinders se opvoeding maar aan instansies soos skole ens. alleen oorlaat. Matt 18:6: “Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in my glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see”.

Ons is wel bewus dat huidige wetgewing die Bybelse evangelie in staatsinstellings verbied en gelykstel aan heidense afgodery. Die volle onus rus dus op jou as ouer. As jy enigsins kan, moet jy jou kinders in ʼn CVO-skool sit.

Sou dit God behaag om die regering oor onsself, weer aan ons terug te gee, sal dit hoogste prioriteit wees om ouers en kinders terug te ly na die Bybelse voorskrif. Ons jeug is vervalle en het verdwaal 

Verootmoediging is ‘n hoogs veranwoordelike saak wat die nageslag insluit om weer n volk van die God van die Bybel te wees. Lukas 18:7: “Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot hom roep nie; al is Hy lankmoedig in hulle geval? “  Vers 8: “ Ek se vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom sal Hy wel die geloof op die aarde vind?”.   

Aan u as leser: Bid sonder ophou vir hierdie saak. Verootmoediging voor ons Hemelse Vader is die enigste pad vir oorlewing van ons en ons kosbare nageslag.

Besonderhede volg binnekort.

Versprei asb. hierdie boodskap van hoop op soveel moontlike platforms aan al u familie en vriende

One thought on “Verootmoedingsdiens soos beplan vir 1 Sept 2024 om 12:00

  1. Dankie André
    Ons volk is op ʼn slegte plek en al wat vir ons oorbly is om soos die Psalmdigter uit te roep: “waar sal ons hulp vandaan kom? – ons hulp is van die HERE [JHWH] wat hemel en aarde gemaak het!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui