’n Verdagte het Donderdag ’n gewelddadige aanval op hofbeamptes in die Mamelodi-landdroshof geloods.
Die departement van justisie het ‘n oortreder skuldig bevind wat hofbeamptes aangeval het toe hy na bewering ‘n bottel stukkend geslaan en probeer het om die amptenare op Donderdag 1 Augustus te steek.
Die veroordeelde het probeer om die hofbeamptes te steek ná sy skuldigbevinding in Mamelodi. Hy moet op 5 Augustus 2024 gevonnis word.
Die man is skuldig bevind aan gewone roof en saakbeskadiging en het ‘n wrede aanval op ‘n aanklaer en ‘n stenograaf by die Mamelodi-landdroshof geloods.
Volgens Tsekiso Machike, woordvoerder van die Ministerie van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, het die verdagte ná die lewering van sy uitspraak ’n bottel stukkend geslaan en probeer om die hofbeamptes te steek.
Hy het gesê terwyl die polisie-ondersoeke aan die gang is, kan die departement nie meer inligting oor die aangeleentheid gee nie.
Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling Thembi Simelane het die aanval op hofamptenare ten sterkste veroordeel.
Sy het gesê dat gewelddadige gedrag nie in die hof aanvaar sal word nie. Simelane het verder gesê dat die verdagte vir die pleeg van dié misdaad vervolg sal word. Sy het gesê enige aanranding op hofamptenare ondermyn die gesag van die staat en sal nie geduld word nie.
Die minister het die departement opdrag gegee om dringend ‘n omvattende sekuriteit- en risiko-evaluering uit te voer, om enige moontlike verval te identifiseer en onmiddellike maatreëls te implementeer om enige leemtes aan te spreek.
“Dit is noodsaaklik dat ons howe vry bly om hul grondwetlike mandaatrol in die administrasie van geregtigheid te vervul sonder vrees vir skade,” het Simelane gesê.
