Nuuskommentaar: Kan tegnologie die wêreld sink?

Nuuskommentaar: Uit die pan van Volkskrag Nuus redakteur

Ek wil nie ’n doemprofeet wees nie, maar die afgelope week se gebeure was uiters kommerwekkend.

Die afgelope week was ’n rampspoedige week waar groot korporatiewe maatskappye tot ’n stilstand gedwing was.

Vliegtuie kon nie vlieg nie, Banke se stelsels het tot stilstand gekom. Selfoon netwerke en internet diensverskaffing was in ’n warboel.

Microsoft, een van die wêreld se grootste maatskappye het met een “Crowdstrike” opdatering basies die hele wêreld tot op hul knieë gedwing. Daar was letterlik chaos in minute.

Nie eers die stakers en molesmakers hier in Suid-Afrika kan droom om soveel vernietiging in so ’n kort tydjie veroorsaak nie.

Dink mooi daaraan. Ons lewe in ’n “slim” era wat alles “slim” geword het. “slim karre” “slim yskaste” “slim fone” Alles het volgens die tegnologie reuse- slim geword.

Kom ons vra eerder: Hoe “slim” het ons lewe geword? En: Is ons lewens regtig so slim as wat ons dink?

Nee dit is nie! Dit is net so slim soos wat die tegnologie se makers dit maak. Met hierdie rekenaar gogga wat deur Microsoft geskep is, is dit baie duidelik hoeveel mag en invloed hulle oor ons lewens het.

Hulle kan ons lewens met die druk van ’n knoppie oorneem en beheer! Met ’n druk van ’n knoppie kan iemand van groot rykdom tot ’n boemelaar verander word.

Met die druk van ’n knoppie kan die hele wêreld binne minute tot stilstand gedwing word. Met die druk van ’n knoppie kan daar ’n 100% magsverskuiwing toegepas word.

So goed as wat slim tegnologie is so sleg kan dit wees. Met tegnologie in die verkeerde hande kan daardie selfde handige tegnologie die oorsaak wees dat ons as inwoners van hierdie aarde binne minute van ’n “goeie” lewe tot hongersnood gedwing kan word.

Ons sal baie vinnig moet begin besef dat tegnologie nie regtig ons vriend is nie. Vandag se tegnologie is in kommerwekkende hande met mense wat kommerwekkende uitsprake lewer.

Met die dat die rampspoedige gebeure Vrydag plaasgevind het, moet vir ieder en elkeen tot ’n ernstige waarskuwing wees. Dit het duidelik bewys dat tegnologie ons met die druk van 1 knoppie tot op ons knieë kan dwing!

Ons het slawe van tegnologie geword wat op die ou end ons ondergang kan verseker. Ons is afhanklik van ’n besliste moontlike ondergaan.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui