VF plus Midvaal – Die VF+ hoofkantoor het 15 Julie 2024 by die Midvaal kantore uitgeslaan om als te laai sonder om die betrokke persone te verwittig, daar is talle van hul persoonlike dokumente en meubels nog in die kantore, hulle skuld die betrokke persone ook nog etlike duisende rande.
Volgens Kobus Hoffman, moet hy vir sy dissiplinêre verhoor voorberei en hul weier hom toegang tot sy leers en eposse.
“Hulle het verlede Vrydag slotte op die deure kom sit en ons verdere toegang tot die gebou geweier, die personeel het nie eers geweet hul kontrakte is nie hernu nie.”
“Hulle wou dadelik die rekenaars hê maar ek het geweier en gesê die personeel moet eers hul persoonlike goed gaan afhaal en ook hulle epos toegang verwyder.”
“Vandag het hulle weer opgedaag sonder kennis en wou als laai, maar ons persoonlike eiendom soos meubels, dokumente ens is nog binne in die kantore.”
“Ek het geweier en gesê ons kan op ‘n datum ooreenkom dan verwyder ons almal saam ons goed. Ook moet hulle ons uitstaande fakture vereffen wat duisende rande beloop omdat ons die kantoor vir meer as 12 maande finansieel moes dra.” Volgens Kobus Hoffman
Volgens Kobus sou hulle Donderdag gesamentlik bymekaarkom om die kantore te ontruim maar die VF+ hoofkantoor het intussen ’n prokureursbrief aan hulle gestuur vir ’n hooggeregshof aansoek wat teengestaan sal word.
Volgens Kobus moet hulle die verskuldigde gelde betaal asook Karien de Bruin se verlof wat hulle aan haar verskuldig is.
