Letsels van ’n plaasaanval – 9 jaar gelede

Bron onbekend

Volkskrag Nuus het ’n plasing raakgelees wat ’n knop in die keel laat.

Almal beleef die hier en nou van plaasaanvalle en moorde. Daarna is dit maar net nog ’n dag.  

Wat egter op die agtergrond bly is die pyn en verdriet wat die slagoffers en naasbestaandes moet verduur. Dit laat lewenslange letsels en wonde wat nooit genees nie.

Hier is ’n sprekende voorbeeld van die letsels en wonde wat so ’n aanval nalaat…

Vandag, 9 jaar gelede, het plaasaanvalle vir ons gesin ‘n werklikheid geword toe my seun Braam geskiet en verlam is om sy vrou en 4 seuns te probeer beskerm!

Daarna het hy hard baklei om ‘n normale lewe te lei en om sy nuwe lewe in ‘n rolstoel te verwerk! Infeksies het hom soms so siek gemaak, maar hy het hard baklei!

Ongelukkig het ek my held en my enigste seun op die 5de Oktober 2019 verloor!

Ek sal jou altyd liefhê en sal jou lewe elke jaar eer totdat dit my tyd is om hierdie aarde te verlaat!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui