Carnarvon-man skuldig bevind aan die seksuele aanranding van ‘n sesjarige kind

Mediaverklaring – Suid-Afrikaanse Polisiediens 2024/07/08

Kantoor van die Provinsiale Kommissaris Noord-Kaap

NOORD-KAAP – Op Vrydag, 5 Julie 2024 het die rondgaande streekhof in De Aar ‘n 44-jarige man skuldig bevind aan die seksuele aanranding van ‘n sesjarige meisie.

Die hof het gehoor dat die slagoffer op 11 November 2023 by haar ouma in Carnarvon gekuier het, waar die beskuldigde herstelwerk in die badkamer gedoen het.

Kort ná die besoek het die kind haar ma meegedeel dat die beskuldigde haar op ’n seksuele wyse gesoen en betas het.

Die voorval is by die polisie aangemeld, en die beskuldigde is daarna in hegtenis geneem, maar later op borgtog vrygelaat.

Hy het in die hof verskyn en is skuldig bevind aan seksuele aanranding.

Hy is gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat hy nie aan dieselfde oortreding skuldig bevind word gedurende die tydperk van skorsing nie.

Sy naam moet in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders aangeteken word.

Speursersant Marlon Eksteen van die Carnarvon-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het die ondersoek gelei en verseker dat die oortreder aan die kaak gebring word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui