Die Stad Kaapstad sê 170 mense is deur vloede by die Vygieskraal informele nedersetting in Athlone geraak.
Die Weerdiens het vroeër ’n vlak twee-waarskuwing vir ontwrigtende reën en sterk wind oor die Wes-Kaap uitgereik.
Ramprisikobestuur-woordvoerder, Sonica Lategan, sê amptenare is besig met assesserings na aanleiding van berigte van oorstromings in verskeie gebiede.
Sy sê oorstromings is ook aangemeld by ‘n woonstelblok in Tableview, en nog een in Seepunt.
Berigte is ook ontvang van twee strukture in Kalkbaai wat deur modder omring is.
Lategan sê spanne sal plastiekplate en sandsakke aan die geaffekteerde gebiede verskaf.
In Overcome Heights is daar riole wat oorloop, wat sewe strukture affekteer.
