Hoogste hof van Appèl (SCA) wys Cele se appèl af – R510 000 skadevergoeding vir ANC-raadslede wat in polisie-aanhouding gemartel is

Die Hoogste Hof van Appèl (SCA) het ‘n hooggeregshofuitspraak bekragtig wat die uittredende minister van polisie, Bheki Cele, beveel om skadevergoeding te betaal aan voormalige ANC-raadslede wat onregmatig deur die polisie gearresteer en gemartel is.

Die voormalige onderburgemeester van die Umtata-distriksmunisipaliteit, Thandekile Sabisa, en Lawrence Mambila, ‘n voormalige burgemeesterskomiteelid, is in ‘n regstryd met die staat gewikkel.

Sabisa en Mambila is op 18 April 2016 tydens ‘n burgemeesterskomiteevergadering by die munisipaliteit se kantoor in Umtata deur minstens 10 polisiebeamptes aangekeer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui