Kindermoordenaar en voormalige top polisieman Marius van der Westhuizen (61) word einde Julie op parool vrygelaat.
Van der Westhuizen is vandag parool toegestaan ná sy derde verskyning Dinsdag voor die paroolraad by die Malmesbury Korrektiewe Sentrum.
Van der Westhuizen, voormalige hoof van die Claremont polisiestasie, het sy kinders wat 16, 5 en 21 maande oud was in 2006 by hul huis met sy dienspistool doodgeskiet om sy vrou, Charlotte, te straf oor sy na na hom wou luister nie.
Die prokureurs vir sy nou voormalige vrou het die parool vir die derde keer teëgestaan. Sy het gesê: “As jy ‘n misdaad gepleeg het, moet jy boet. Hy is nou eers 13 jaar agter tralies vir 3 moorde – grumoorde op drie onskuldige kindertjies. Dit is nie geregtigheid nie.”
“Ek dink ook nie Suid-Afrikaners wil nòg kindermoordenaars op straat hê nie.”
êSingabakho Nxumalo, woordvoerder van die korrektiewe dienste, sê Van der Westhuizen bly tot 2034 ‘n gevangene.
“Hy is ‘n paroolplasingsdatum van 31 Julie 2024 toegestaan, hy sal na verwagting die res van die vonnis tot September 2034 uitdien. Hierdie besluit wat deur die paroolraad geneem is, is in lyn met Artikel 73 van die Wet op Korrektiewe Dienste aangesien dit voorgeskryf het dat ‘n minimum vonnis uitgedien moet word voordat enige parooloorweging gedoen moet word.”
Van der Weshuizen het 13 jaar van sy vonnis uitgedien.
