Die polisie in Sentraal-Transvaal is op soek na verdagtes wat na bewering Dinsdagaand by ‘n OVK provinsiale pakhuis in Johannesburg probeer inbreek het. Die Verkiesingskommissie sê ‘n groep mense het ‘n vragmotor gevolg wat materiaal terug na die pakhuis vervoer het en probeer om binne te gaan.
Na afloop van verkiesings word plaaslike bergingsterreine gerasionaliseer, en materiaal word by gesentraliseerde fasiliteite veilig gehou.
’n Saak is aanhangig gemaak en die polisie ondersoek dit.
“Ek kan nie veel daaroor sê nie, behalwe om te sê dit is hartseer dinge wat ons nooit teen moet wees nie en elke vredeliewende Suid-Afrikaner moet dit veroordeel. Daar moenie sulke volgehoue aanvalle wees op ‘n Hoofstuk 9-instelling wat probeer om bloot sy werk te doen nie. Dit kan net nie so wees nie, jy weet. Ons is hartseer daaroor. Dit is lafhartig en dit moet veroordeel word vir wat dit is,” sê Mosotho Moepya, OVK-voorsitter.
