Wes-Transvaal – ‘n Vrou wat alleen tuis was, is Dinsdag op ‘n plaas buite Swartruggens vermoor. Haar man (70) is deur verdagtes ontvoer, maar kon daarin slaag om te ontsnap.
Lt.kol. Amanda Funani sê die voorlopige verslag dui aan vier verdagtes het die hoofhuis betree en die vrou vermoor. Met die aankoms van haar man op die plaas is hy oorval en na die hoofhuis geneem. Die huis is geplunder en huishoudelike items is op twee bakkies gelaai. Die man is in een van die bakkies gedwing en mee weggery.
Huishoudelike items is volgens Funani na ‘n vroulike verdagte (34) se schack in ‘n informele nedersetting buite Swartruggens geneem. Die man het daarin geslaag om uit die bewegende voertuig te spring. Hy het gevlug en hulp van nabygeleë boere gevra. Die polisie is van die voorval verwittig.
Die verdagte vrou is in die vroeë oggendure van Woensdag in hegtenis geneem, nadat van die vermoedelik gesteelde items in haar besit gevind is. Sy sal Vrydag in die Swartruggens-landdroshof verskyn.
Die polisie is op soek na nog vier aanvallers.
