Die politieke veld beide plaaslik en internasionaal lyk glad nie goed nie.
INTERNASIONAAL
In Amerika is daar ‘n groot poging aan die gang om vir Trump te stop om weer verkies te word.Dit lyk asof hy gaan deurdruk ten spyte van die Demokrate se pogings om hom te diskwalifiseer met hofsake.Hoe nader aan die verkiesing sal die spanning oplaai want dit lyk asof Trump skoonskip gaan maak ten spyte van al die onthullings in die howe teen hom.
Die Europese Unie se verkiesing is besig om opslae te maak veral in Frankryk het die regses vir Macron so laat skrik dat hy ‘n blits verkiesing uitroep.My mening is hy gaan weer ‘n tweede keer pak kry.Die linkses en die onwettige immigrante is nou besig om amok te maak in die sake gebiede deur af te breek wat hulle kan in die hande kry.Dit kan in EU tot groot spanning lei tussen die twee groepe en grootskaalse geweld tot gevolg he.Die onwettige immigrante sal nie net sommer terugkeer na hulle lande van oorsprong nie hulle gaan defnitief ‘n geveg opsit om te bly. Die lande betrokke sal moet vasstaan anders gaan hulle lande verswelg word en hulle identiteit en soevereiniteit heeltemal verloor.
PLAASLIK
Met die vryval van die ANC se stemme is daar nou ‘n regering van nasionale eenheid op die tafel.Dit is nie soos 1994 wat die deur onderhandelings besluit is om die eerste regering so te skep nie.Hierdie keer word hulle in ‘n koekblik gedruk om vinnig so regering vorm te vestig of net ‘n koalisie tussen beperkte aantal partye te gebruik.Maak nie saak wat gebruik word MKP gaan dit nie aanvaar nie en kan as hulle radikaal word die land heeltemal onstabiel maak .Dit is juis dit wat ons nie kan bekostig nie en die ekonomie en buitelandse beleggings heeltemal laat opdroog.
Ramaphosa sal moet ‘n haas uit sy hoed uit trek om stabiliteit te verseker en MKP se mag elimineer.
Om op te som die politiek is geensins gesond nie.
Willie Cloete
