JOHANNESBURG – Die OVK-resultatebord en -webwerf is af.
Dit is nie duidelik wat die onderbreking kon veroorsaak het nie, en die rede daarvoor is onbekend.
Die ACDP en Vryheidsfront Plus sê dit is nie ‘n goeie beeld vir die Verkiesingskommissie nie.
Die OVK sê die stelsel is in werking, en sy plaaslike beamptes gaan voort om die resultate vas te lê.
Intussen is meer as 50% van die stemme reeds getel.
