Huisrower’ glo deur huiseienaar doodgeskiet

WES-KAAP. – ‘n Vermeende huisrower is glo Maandagoggend in Missionstraat, Wynberg, deur die huiseienaar doodgeskiet.

Sers. Wesley Twigg sê die polisie was by ‘n misdaadtoneel waar ‘n onbekende man ‘n skietwond aan sy bolyf opgedoen het. Die omstandighede van die voorval word ondersoek en geen inhegtenisneming is tot dusver uitgevoer nie.

Die polisie ondersoek sake van moord en huisroof.

Enigiemand met inligting van die voorval word versoek om na vore te kom

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui