OOS-KAAP. – ‘n Vragmotor met ‘n kierserslys en T-hemde van die EFF in die Oos-Kaap is gister tydens taxigeweld in die Oos-Kaap geplunder. Die EFF neem die polisie daarvoor kwalik.
“The inability of the @SAPoliceService to enforce law and order is now affecting elections. The truck that was meant to deliver voters’ rolls and T-shirts for EFF volunteers in the Eastern Cape has now been looted in Mthatha due to taxi violence and protests. @IECSouthAfrica?”
Volgens die EFF het die geweld weens dispute tussen die polisie en die taxi-operateurs ontstaan. Hulle is bekommerd oor die invloed wat dit in die OR Tambo-distrik op die verkiesing het wat Maandag begin het.
Die EFF sê 455 kierserstasies moes weens die geweld toegemaak word en eis die weermag moet vir stabiliteit ontplooi word.
