Hierdie berig is nie ‘n party politieke advertensie nie en slegs vir die gebruik van nuus doeleindes
Die vraag word daagliks gevra vir watter party moet daar gestem word en of daar gestem moet word.
Volgens media berigte en statistieke is die jaar se verkiesing ’n baie belangrike en deurslaggewende verkiesing en gaan ’n groot invloed op die pad vorentoe speel.
VOLKSKRAG NUUS het gaan kyk na navorsing wat gedoen is rondom die beginsels wat verskillende partye handhaaf.
Rooies Strauss van die Hope for SA party het ’n paar oproepe gemaak en onderhoude gevoer met ’n paar politieke partye om hul beginsels na te vors.
Die grafiek hier onder is saamgestel volgens Rooies Strauss na sy telefoon gesprekke met die betrokke politieke partye:

Hope for SA se verkiesings manifes handel uitsluitlik rondom geloof en Christenskap!
In ’n video van Rooies Strauss verduidelik Rooies Strauss die beginsels van sy party

Hope4SA is soos die gevestigde ACDP (wat bo ontbreek) ‘n hoofsaaklik swart Christelike party wat teenchristelik afwysend staan teenoor volkskap (etnisiteit), in teenstelling met die VF Plus, die enigste Christen-Afrikanerparty.
Ongelukkig is die VF Plus nie Bybelgegrond afwysend teenoor homoseksery nie.