Die polisie in Sentraal-Transvaal het 3 mans vasgetrek wat daarvan verdink word dat hulle deel is van die blouligbende

Die verdagtes het Woensdag in ‘n voertuig langs die R23 gery en is gevind in besit van ‘n vuurwapen, blou ligte asook Ekurhuleni metropolisie en Gauteng polisie verkeers uniforms

JOHANNESBURG – Die polisie het Woensdagoggend drie mans in hegtenis geneem wat vermoedelik deel is van die berugte blouligbende naby Brakpan.

Die verdagtes het in ‘n voertuig langs die R23 onder vals plate gery en is gevind in besit van ‘n vuurwapen, blou ligte asook Ekurhuleni-metropolisie en Gautengse polisie-verkeersuniforms.

David Legodi, waarnemende Gautengse verkeerspolisiehoof, het gesê hulle is baie bekommerd oor hoe die verdagtes daarin geslaag het om die uniforms in die hande te kry.

“Dit lyk soos ‘n groep bloulig-gangsters, want ons het ook ‘n paar blou ligte op die voertuig gevind. Dit lyk of dit ‘n groep is wat die gemeenskap in die omgewing van Brakpan, Springs, Tsakane en ander dele van Gauteng terroriseer het. .”

Hy het gesê die mans is almal in aanhouding en is reeds met ander sake van roof en moord verbind.

“Hierdie gebied, waar ons hulle gevind het, is een van die hoërisiko-areas waar ons hulle onder ’n baie no

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui