Dit is vroeër Sondag deur die Nasionale Gesamentlike Operasionele Struktuur onthul tydens ‘n media-inligtingsessie oor wetstoepassers se gereedheid voor verkiesings.
KAAPSTAD – Namate die land nader aan die peilings van 29 Mei kom, is meer as 650 stemlokale landwyd as brandpunte geïdentifiseer.
Dit is uit ‘n totaal van sowat 23 000 stemlokale.
Hierdie syfer is vroeër Sondag deur die Nasionale Gesamentlike Operasionele Struktuur onthul tydens ‘n media-inligtingsessie oor wetstoepassers se gereedheid voor verkiesings.
Tebello Mosikili, medevoorsitter van Natjoints, sê fokus sal gegee word aan provinsies met ‘n geskiedenis van ontwrigtings tydens verkiesings.
Mosikili wil egter nie kommentaar lewer oor watter provinsies dit insluit nie.
“Toe ons die plan ontwikkel het, het ons gekyk na die vorige, die huidige intelligensie, die klimaat, die volwassenheid van ons kiesers, en ons beplan daarvolgens. So, ek wil nie enige van ons 9 provinsies afmaak om te sê hierdie een is beter as die ander, maar ons het verskillende vlakke van ons fokus daarin.”
