Geskryf deur André Smit
Vandag 9 Mei herdenk ons hemelvaart. Jesus het ’n besonderse opdrag gegee voordat Hy opgevaar het.
In Handelinge 1 kan ons lees wat was die laaste opdrag aan SY Dissipels.
Hnd 1:4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.
Hnd 1:5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.
Hnd 1:6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?
Hnd 1:7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;
Hnd 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Hnd 1:9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.
Jesus het ons as sy volgelinge opdrag gegee om SY werk voort te sit terwyl HY vir ons plek in die hemel gaan berei. Die opdrag is om die HELE wêreld te vertel van HOM en om mense en volke te bekeer.
Mag vandag ’n dag wees wat ons die erns van die opdrag besef.
