Vermy N4, Middelburg waar trokke brand

Twee trokke het aan die brand geslaan na ’n botsing.

Middelburgers wat vandag Mbombela (Nelspruit) toe wil ry, sal vir die volgende paar ure die pad tussen die Emgwenya (Waterval Boven) tonnel en Ngodwana moet vermy, weens ’n ernstige ongeluk waar twee trokke brand.

Die ongeluk is tussen Houtbos hoek en Elandshoek.

Motoriste word aangeraai om eerder die Schoemanskloof pad te gebruik, as hulle reeds op die pad is.

• Louwtjie Swart het vroeg op die Traffic Alert WhatsApp-groep mense gewaarsku oor dié ongeluk.

• Persone wat daagliks op hoogte wil bly van wat op die paaie aangaan, kan hom ’n WhatsApp stuur by 078 400 9517, om bygevoeg te word op die groep.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui