JOHANNESBURG – Nog slegte nuus vir Poskantoor-werknemers wat afleggings in die gesig staar.
Dit is bevestig dat byna 5 000 werkers afgelê sal word.
Dit ná die versuim deur Besigheidsreddingspraktisyns om TERS-hulp befondsing te verseker.
Die nuus is deur die KVBA-kommissaris aan hulle oorgedra.
Daar is gehoop die geld sou gebruik word om personeel te betaal terwyl hulle hul vaardighede opgegradeer en her oplei.
