Drie vermeende lede van ‘n blou lig-bende is doodgeskiet ná ‘n hoëspoed-jaagtog met die polisie.
Die bende was aktief op die N3 tussen Villiers en Heidelberg.
Hulle het ’n wit Toyota Hilux GD-6 met blou ligte gebruik om slagoffers te stop, hulle te kaap en ure lank gyselaar te hou.
Die bende het na bewering net die afgelope twee weke ses blou lig-kapings gepleeg.
Owerhede het ‘n operasie beplan wat hulle gisteraand na die N3 naby Grootvlei gelei het.
Die voertuig is opgemerk met blou ligte aan.
’n Hoëspoed-jaagtog het in die rigting van Zonkizizwe gevolg.
Drie verdagtes is doodgeskiet en een het daarin geslaag om te ontsnap. Die polisie het beslag gelê op ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, insluitend ‘n geweer en handwapen. Blou-ligte ook beslag gelê en selfone.
Die polisie het die bende met verskeie aanvalle in die N3-gebied verbind.
#CrimeWatch
