Volgens Panyaza Lesufi sal enige iemand na enige hospitaal kan gaan vir mediese behandeling na die 29 Mei 2024 verkiessing
“Na die 29ste Mei 2024 kan jy na enige hospitaal van jou keuse gaan, of dit nou ‘n private hospitaal of ‘n openbare hospitaal of ‘n privaat kliniek is en die beste kundiges kry om jou te behandel en nadat jy jou behandel het, sal die regering die rekening betaal, hierdie is die Nasionale Gesondheidsversekering, (NGV) dis wat ons vir ons mense sê, gaan stem ANC.
Die dae is verby as jy nie mediese fonds het nie moet jy sterf, na die 29ste Mei sal ons een mediese fonds hê vir almal van julle of julle werk of nie werk nie.”
