Angola se petroleumprodukte reguleerder het dieselpryse vanaf Dinsdag met sowat 48% verhoog, deel van die regering se pogings om duur subsidies wat die staatsfinansies onder druk het, hok te slaan.
Die prys van diesel is vanaf Dinsdag tot 200 kwanzas per liter verhoog – die ekwivalent van R4,60 per liter – het die reguleerder in ‘n verklaring gedateer 22 April gesê.
Die prys van diesel was voorheen 135 kwanzas per liter.
Die reguleerder het die prys van ander brandstowwe soos petrol en vloeibare petroleumgas onveranderd gelaat.
Vera Daves de Sousa, minister van finansies, het verlede maand gesê Angola is daartoe verbind om alle brandstof subsidies te verwyder op ‘n manier wat nie tot enige terugslag sal lei nie.
’n Byna verdubbeling van brandstofpryse in Junie verlede jaar het dodelike betogings veroorsaak, terwyl duisende die strate ingevaar het.
Die hoofstad Luanda was Dinsdag kalm.
Angola is een van baie groot Afrika-ruolie produsente wat geknyp is deur stygende skuld koste en hoë pomppryse. Nigerië, Kameroen en die Demokratiese Republiek van die Kongo het almal probeer om brandstof subsidies uit te faseer, tot aansienlike openbare verontwaardiging.
In die middel van 2023 het wydverspreide onrus uitgebreek ná ‘n styging in petrolpryse, met motorfiets taxibestuurders in Luanda prominent in die betogings. Die polisie het tientalle mense gearresteer en traangas gebruik om skares uiteen te jaag.
