RICHARDSBAAI – Die Valke het op kokaïen ter waarde van R15 miljoen by die hawe van Richardsbaai beslag gelê.
Lede van die eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het opgetree op ‘n wenk oor ‘n vaartuig wat van Colombia af reis.
Die skip het glo steenkool vervoer vir invoer na Suid-Afrika.
Dit het omstreeks 23:00 aangekom nadat dit Barranquilla op 26 Maart verlaat het.
’n Soektog is met aankoms gedoen en die blokke kokaïen is ontdek.
Lesetja Senona, hoof van die Valke, KZN, het die beslaglegging verwelkom en lede van die eenheid bedank.
