Plaasaanval, kind doodgeskiet en ses ander gewond

FICKSBURG – Die polisie het ‘n soektog na verdagtes van stapel gestuur na ‘n skietvoorval op ‘n plaas wat die lewe van ‘n minderjarige geëis het en ses ander mense is beseer en gehospitaliseer nadat hulle na bewering deur twee onbekende verdagtes geskiet is wat in ‘n onbekende voertuig van die toneel gevlug het.

Daar word beweer dat twee gewapende mans op 21 April 2024 omstreeks 21:50 by die plaas in die Ficksburg-distrik aangekom het en op plaasbewoners by twee huise op die plaasopstal begin skiet het sonder om ‘n woord enige woord aan die bewoners in die huise te reep. Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug en in ‘n onbekende motor geklim wat langs die R26-pad naby die plaasopstal geparkeer was.

Daar is later met die polisie en noodpersoneel se aankoms ontdek dat ‘n 11-jarige minderjarige geskiet is en op slag dood is op die toneel. Ses ander mense, mans en vroue, is beseer en na die plaaslike hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling. Die motief agter die skietery is nog nie bekend nie, maar die polisie se ondersoek duur voort. Sake van moord en ses aanklagte van poging tot moord word ondersoek.

Enigiemand met inligting wat tot arrestasies en skuldigbevinding van die verdagtes kan lei, kan Ficksburg-speurder, kaptein Lebakeng by 079 897 7144, Crime Stop 08600 10111, MySAPS-app kontak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui