Agt Nigeriese burgers is gearresteer en aangekla van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging nadat hulle na bewering die vensters van die Kimberley-polisiestasie gebreek en polisievoertuie beskadig het.
Skakel in op ons Facebook blad om op hoogte te bly omtrent die nuus en akruele sake:
https://www.facebook.com/groups/volkskragnuus
Die verdagtes het glo teruggekap nadat die polisie ‘n Nigeriese burger in hegtenis geneem het omdat hy na bewering in besit van dwelms was.
Provinsiale SAPD-woordvoerder Cherelle Ehlers sê, “Tydens die uitvoering van die arrestasie het die man na bewering SAPD-lede teëgestaan en met ‘n bandstrook aangerand. ’n Groot groep, almal glo Nigeriese burgers, het die lede aangeval en SAPD-voertuie beskadig.”
Sy voeg by: “Die polisie het rubber koeëls afgevuur om die skare uiteen te jaag, (en) tydens die proses het die verdagtes vensters by die polisiestasie gebreek. Die groep het die polisiestasie genader en gedreig om terug te keer. Die operasionele bevelvoerder het die groep gewaarsku om uiteen te gaan. Toe die groep uitmekaar gegaan het, het die groep polisievoertuie beskadig, (en) nog vier verdagtes is in hegtenis geneem vir opsetlike saakbeskadiging.”
