KANTOOR VAN DIE STASIEBEVELVOERDER: TABLEVIEW
TAFELSIG: Die polisie is Sondag, 17 Maart 2024 kort voor 20:00 na ‘n toneel op die hoeke van Gie- en Circleweg in Parklands ontbied. Die beamptes het ‘n onbekende vrou met veelvuldige steekwonde op die grond gevind. Die beampte se eerste prioriteit was om mediese bystand vir die slagoffer te kry en het haar na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit gehaas.
Die enigste inligting wat beamptes kon bekom is dat die vrou deur twee onbekende mans genader is wat haar selfoon geëis het. Sy het geweier om dit vir hulle te gee, en die oortreders het die slagoffer begin steek, haar foon gevat en weggehardloop. Geen arrestasies is nog uitgevoer nie. ’n Saak van poging tot moord word ondersoek.
Die Blanke vrou was 24 keer met messe gesteek. Sy is in die hospitaal en haar toestand is stabiel.
Enigiemand met inligting oor dié misdaad word versoek om Crime Stop by 08600 10111 of Table View-polisiestasie 021 521 3338 te kontak.

En witmense staan en kyk en neem net fotos!!!!!!!