Agt lyke van vermeende onwettige mynwerkers in Robertville gevind

Agt lyke wat vermoedelik van onwettige mynwerkers is, is met skietwonde in ‘n oop veld, by Robertville, in Roodepoort, wes van Johannesburg, gevind.

Dit was nadat die polisie deur gemeenskapslede op die voorval in kennis gestel is.

Dit het gebeur skaars ’n week nadat vier vermeende onwettige mynwerkers se lyke in twee afsonderlike gebiede aan Gauteng se Wes-Rand gevind is.

Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, sê die motief vir die moorde word nog ondersoek.

“Die motief vir die moord kan nie in hierdie stadium bevestig word nie, hoewel dit vermoedelik verbind word met ‘n voortslepende vete oor onwettige myngebied deur onwettige mynwerkers.”

“Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat inligting kan hê wat in die ondersoek kan help om asseblief die naaste polisiestasie te bel of misdaad stop te skakel,” verduidelik Masondo.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui