’n 77-jarige vrou van Phoenix is wreed vermoor in haar huis gevind. Die polisie het gesê die voorval het Maandag in Grovepark plaasgevind. Luitenant-kolonel Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, sê daar word beweer dat ‘n 77-jarige vrou doodgewurg is.
“Die slagoffer is op die badkamervloer gevind en haar nek toegedraai met ‘n wit serp. Die motief vir die moord is onbekend.” Dit is onduidelik of enige items uit die slagoffer se huis gesteel is. KZN BBP-veiligheidsdienste het gesê hulle het gereageer op berigte van ‘n moord.
“Daar word geglo ‘n bejaarde vrou is in die huis verwurg,” het woordvoerder Gareth Naidoo gesê. “Inwoners en gemeenskapslede het gesê dat hulle laas die tuinier die huis sien verlaat het. Die motief agter die voorval kan nie bevestig word nie, aangesien die familie steeds van die skok steier.”
Dit was die tweede voorval vandeesweek wat die lewe van ‘n bejaarde in die Phoenix-omgewing geëis het. ’n 70-jarige kerk oppasser is gesnoer en vasgebind gevind ná ’n kerkroof Sondag. KZN VIP-sekuriteit wat ook die toneel bygewoon het, het gesê die verdagtes het die bejaarde opsigter vasgebind en (word) vermoedelik verwurg.
“Verskeie waardevolle items is tydens die rooftog geneem, ongelukkig is die opsigter dood verklaar.” Luitenant-kolonel Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het bevestig aanklagte van moord en huisbraak word deur die Phoenix-polisie ondersoek nadat die liggaam van ‘n 70-jarige man gesnoer gevind is.
“Daar is vasgestel dat van die items gesteel is.”
