Boere, mense word gearresteer! Sommige met geen bewyse! Wat gaan aan?

In ’n vlaag van arrestasies waar mense hulself of hul eiendom moes beskerm teen booswigte is die boere en mense toegesluit. Hier is ’n paar gevalle waar mense met geen of bitter min bewyse gearresteer is!

Dawie Maree, boer van Potgietersrus area is vanmiddag gearresteer

Wat het gebeur?

Dawie Maree, boer van Potgietersrus area is vanmiddag gearresteer op sy plaas naby Potgietersrus.

N vorige werker het opgedaag by hom en aangedring op nog vergoeding. Na n woordewisseling wat Dawie geweier het on enige verdere vergoeding aan hom te gee het Dawie probeer weg ry waarop die man sy voet probeer onder die bakkie se wiel te druk. Die betrokke persoon het toe die plaas verlaat.

Laat middag het die polisie daar opgedaag en Dawie gearresteer. Volgens die polisie wou Dawie die man dood ry en moes die ambulans die man daar kom haal!

Dawie se werkers het op navraag beaam dat die bewering van die man onwaar is.

Volgens berigte klink dit of SAPD die saak wil eskaleer na poging tot moord!

Twee beskuldigdes in Groblersdal-aanranding het borgtog geweier

Die Groblersdal-landdroshof in Limpopo het borgtog aan twee eienaars van die sekuriteitsmaatskappy Piet Groenewald en Stephen Grief geweier. Met die uitspraak sê landdros Bongi Mashele dit is nie in die belang van geregtigheid dat hulle op borgtog vrygelaat word nie.

Wat het gebeur?

“Volgens die voorlopige inligting het die slagoffer Woensdagoggend, 17 Januarie, by Kwaggafontein sy wag pligte by ‘n netwerk toring uitgevoer toe sy toesighouer ‘n toesig besoek gebring het. “Hy het toe die werker daarvan beskuldig dat hy dronk was terwyl hy aan diens was, en gevolglik het hy saam met hom na Groblersdal gery om die saak met die bestuurder te bespreek. “Met hul aankoms het die twee stry gekry wat daartoe gelei het dat die bestuurder die slagoffer met ‘n harde voorwerp geslaan het. “Die bestuurder het na bewering ‘n manlike familielid opdrag gegee om hul hond op die slagoffer los te laat. Die hond het die slagoffer aan albei bene gebyt.” Volgens berigte het die werker aggressief geraak en daarom was die maatreëls ingespan.

Groblersdal 4 gearresteer na vreetsame betoging

Wat het gebeur?

Francois van der Merwe, Willem Petzer, Tewie Wessels en Devon Hofmeyr was gearresteer na ’n vreedsame betoging. Hulle as onder andere van openbare geweld aangekla. Daar is geen bewyse van openbare geweld nie.

Twee boere gearresteer na hulle met veediewe slaags raak

Wat het gebeur?

Die boer, Hermanus De Laray (52), en plaasbestuurder, William Underhay (40), is in hegtenis geneem nadat twee verdagtes, Sthembiso Mbuyiseni Mnikathi (30) en Buhlebekhaya Ximba (30), op 19 Mei verlede jaar verdwyn het.  Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê vyf verdagtes is op die dag gedurende die aand betrap terwyl hulle onwettig op die plaas gejag het. Skote is glo afgevuur. Drie van die verdagtes het van die toneel gevlug terwyl twee verdwyn het. Die ondersoek na die voorval het bevind dat De Laray en Underhay in ’n skietery met die verdagtes betrokke geraak het waartydens die verdagtes moontlik doodgeskiet is. Mdhluli sê die polisie voer aan dat De Laray en Underhay waarskynlik iewers ver van die plaas af van die lyke ontslae geraak het. De Laray en Underhay is vanjaar op 18 Januarie op aanklagte van moord en dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem. Hulle is sedertdien in aanhouding en het Dinsdag 20 Februarie in die Evander-landdroshof gehoor dat hul borgtogaansoek onsuksesvol was  Die saak is tot 20 Maart vir verdere ondersoek uitgestel. Verdere klagtes kan moontlik teen De Laray en Underhay aanhangig gemaak word

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui