Verskeie wysigings is Woensdag in die hooggeregshof in Bloemfontein aangebring aan die tussentydse interdik wat die Mangaung-metro reeds die naweek teen die onwettige plakkers op die Jagersfontein-pad oorkant Lourierpark gekry het.
Die metro is skerp deur opposisiepartye gekritiseer omdat hy nie dadelik die interdik toegepas het nie, maar die metro is vandeesweek eers weer hof toe vir bevestiging oor die rol wat verskillende partye, veral die polisie, hierin moet speel.
Regter Sharon Chesiwe het Woensdagmiddag laat die gewysigde bevel toegestaan. Dit magtig onder meer ’n spesiale eenheid en ander amptenare van die metro om die balju by te staan met die verwydering en afbreking van strukture wat reeds opgerig is.
Die bevel is ook uitgebrei na die aangrensende eiendomme van die metro om te verhoed dat van die plakkers “net oor die draad spring” en strukture langs onderverdeling 5 van die plaas Brandkop 702 oprig.
Nog ’n wysiging is dat derde partye verbied word om handel met die eiendomme te dryf en/of dit te verhuur.
Die bevel magtig die polisie om op te tree indien die interdik oortree word.
Voorts moet die polisie die balju bystaan en seker maak dat die bevel uitgevoer word.
Rooimiere ‘staan reg’ in Mangaung, maar grondgrypers se hutte staan steeds
Verwydering van plakkers het by Lourierpark begin. Bly asseblief weg van die geaffekteerde area, casino area en Pellissier Curie Ave ingangsarea en gee owerhede ruimte om te werk
Boodskap ontvang
Die plakkers beplan om bande op die N1 te brand om alles tot stilstand te bring
Kan enige plek vanaf Langenhoven to verby Casino wees
