Tienduisend mense het by die Voortrekkermonument ontmoet waar prominente politici by hulle aangesluit sal word.
Lede van AfriForum en meer as 40 ander organisasies kom by die Voortrekkermonument bymekaar om te marsjeer en te protesteer teen die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette 32 van 2024 (Bela-wet).
Duisende optoggangers sal na verwagting by die Voortrekkermonument vergader waar hulle saam met John Steenhuisen, minister van landbou, Gayton McKensie, minister van sport en dr. Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste, na Vryheidspark opruk en ‘n memorandum van eise en besware teen die wetsontwerp sal oorhandig.
Sarie Marais aan die begin van die dag
09:53 Voor die optog het sanger Steve Hofmeyr die verhoog betree en Sarie Marais gesing.
09: 54 Tienduisend mense by die Voortrekkermonument
‘Los ons kinders uit’
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dit is die kwaadste wat die Afrikaanse gemeenskap sedert 1994 was. “Los kinders uit,” het hy gesê.
Kriel het gesê die feit dat 10 000 mense vir die optog opgedaag het, demonstreer mense se sentimente teenoor die Bela-wet.
