149 jaar van Genootskap van regte AFRIKANERS: Wat is die leun en wat is die waarheid

Die Genootskap van Regte Afrikaners is op 14 Augustus 1875 in die dorp Paarl gestig deur ‘n groep Afrikaanssprekendes van die Westelike Provinsie. Die genootskap het vanaf 15 Januarie 1876 ‘n joernaal, genaamd

Die Afrikaanse Patriot, asook verskeie boeke soos woordeboeke, religieuse materiaal en geskiedenisboeke gepubliseer. Die Afrikaanse Patriot het in 1905 doodgeloop.

Met die herdenking van hierdie dag word daar opnuut baie vrae geantwoord en dan kan daar ook baie vrae gevra word…

Die vrae wat geantwoord word:

Is ons Boere of is ons Afrikaners? Ons is inderdaad Afrikaners! Die strewe na ’n eie identiteit het nie onlangs ontstaan nie, maar het al lank voor 1875 posgevat.

Die ontstaan van die GRA was juis om AFRIKANERSKAP te bevorder en om ons AFRIKANERSKAP af te begin dwing!

Dit het nie as die “Genootskap van regte Boers” of so iets bekend gestaan nie, maar wel as die “Genootskap van regte Afrikaners”.

Die term BOER was tydens die Tweede Vryheid’s oorlog ’n skeldnaam wat die Britte vir die Boere gegee het.

Deur ons AFRIKANERSKAP te misken word ons WARE identiteit as Afrikaner misken. Vir ons voorouers was dit ’n voorreg en ’n eer om as Afrikaners bekend te staan. Reg deur die geskiedenis word die woord AFRIKANER vereer in musiek

Voorbeelde soos:

  • Afrikaner landgenote, Wees getrou aan volk en taal
  • Afrikaners is plesierig, Dit kan julle glo
  • Waar en trou as Afrikaners – kinders van Suid-Afrika! (2e vers van Die Stem)

Die naam Afrikaner word nie aan een of ander liberale groep mense gekoppel nie, maar eerder kan gesê word, dat die naam deur die liberaliste as ’n skeldnaam uitgemaak word om ons van ons erfenis te vervreem.

Dan gaan ek werk wat die GRA gedoen het wat deur ’n sekte “prediker” belieg word ook hier aanhaal. Die vertaling van die 1933 vertaling. Ek gaan die sekte leier se woorde hier aanhaal en dit met bewyse weerlê

Ek haal aan wat die “Boerseun van Migdol” verkondig

“KERKVERRAAD TEEN DIE NAAM VAN DIE ALMAGTIGE:

Op 14 Aug 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners gestig ~(G R A)~

Op die jaarvergadering van 24/8/1878 is daar ‘n pleidooi vir die vertaling van die Statebybel in Afrikaans gelewer, en in beginsel goedgekeur. 

Na ‘n stilte van 6 jaar is die saak in 1884 weer aangeroer.  Die G.R.A het besluit om die Afrikaanse vertaling uit die oorspronklike tale te vertaal, met inagneming van die Statebybel.

Die vertaalwerk is aan S J du Toit, destyds direkteur van onderwys in Transvaal opgedra. Daar was besluit om die Eienaam YaHWeH en Elohim deurgans te behou, en dat dit nie deur die titels “HERE of God” vervang moet word nie. 

Maar die vertaling van S J du Toit het nie in die Kerk se smaak geval nie, en na sy dood in 1911 is daar aanbeveel dat die Hollandse kerk in Suid Afrika die Bybel in Afrikaans moet vertaal. Gevolglik is ‘n kommissie in 1916 aangestel vir die taak. 

Dr B Keet en Dr J D du Toit (die seun van S J du Toit) het gepleit dat die Bybel nie uit die grondteks nie, maar uit die Statebybel vertaal moes word, en op 22/11/1916 is die voorstel aangeneem. 

‘n Voorbeeld van die direkte oorsetting uit die Statevertaling deur Dr J D du Toit het in

“Het Kerkblad” van 15/10/1916 veskyn, en sê onder andere dat (kwoteer) ~

“Die Eienaam YHWH word voortaan as *HERE* geskrywe.”  

Met die gevolg dat alle vertalings daarna, selfs in die 1933 Afrikaanse vertaling, kom die Eienaam YHWH of ELOHIM nie ‘n enkele keer voor nie, slegs die “titels” soos daar besluit is.

(Jer23:27a)”Is hulle daarop bedag om my volk my Naam te laat vergeet??”

Boeregroete

JvZ”

Ek plaas foto’s van die 1756 Nederlandse Familie state Bybel wat hom geheel en al weerspreek en sy leun openbaar.

Foto: Datum van publikasie

Foto: Uittreksel uit die Statebybel

Ons moet ernstig begin om te onderskei tussen die leuen en die waarheid. Deur sulke leuens te verkondig word die vader van die leuen aanbid en aangehang! Deur die leuen aan te hang word ons as volk nog vêrder in die afgrond af gedryf

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui