Meyerton in rou na graad 11 leerder se skielike dood

“Megan, jou plekkie is leeg. Jou fluit nou stil, maar jou nagedagtenis leef voort in elke Dokkie-hart.”

Só lui ʼn inskrywing op sosiale media van Hoërskool Dr. Malan in Meyerton ná die skielike dood van Megan Wallace, een van dié skool se gr. 11-leerders.

Megan is glo onlangs met longontsteking in die hospitaal opgeneem waarna haar toestand vinnig versleg het. Volgens berigte is sy Woensdagaand per helikopter na die Netcare Millpark-hospitaal in Johannesburg vir noodbehandeling oorgeplaas. Sy is egter kort daarna oorlede.

Huldeblyke waarin Megan as ʼn pragtige en geliefde persoon beskryf word, stroom intussen in.

“Megan Wallace, mooiste meisie, jy was ʼn sonstraal-kind. Jy was asemrowend verby. Rus sag by liewe Jesus, Hy het sy mooiste engel kom haal,” skryf Estelle Spies in ʼn inskrywing op Facebook.

Verskeie skole het ook hul meegevoel betuig.

“Ons skoolgemeenskap se harte is in stukke oor die skielike heengaan van Megan Wallace. Ons betuig ons innige meegevoel aan die skool, Megan se familie en haar vriende gedurende hierdie ongelooflike moeilike tyd. Mag die gekoesterde herinneringe aan Megan vir u vertroosting en vrede bring in die dae wat voorlê,” het Laerskool Drie Riviere in ʼn plasing op Facebook gesê.

Hoërskool Dr. Malan het sy innige meegevoel met Megan se ouers, Robert en Tanya, asook haar suster, Rochelle, betuig.

One thought on “Meyerton in rou na graad 11 leerder se skielike dood

  1. Megan Wallace;bekende skool leerder skielike oorlede.Haar plekkie is nou vir ewig leeg.Ons gaan haar mis maar ook nie vir lank nie,Megan Wallace gaan ons weer sien.Megan Wallace was n bekende populere meisie,ek glo die skool Dr.Malan was baie ontsteld gewees.Ons sal Megan Wallace weer eendag sien.Megan Wallace is by n bai beter plekkie,by God.God sal al ons harte seun met haar plekkie wat gevat is

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui