Floriskraal Dam naby Lainsburg 10/07/2024 @ 15h00
Die Buffelsrivier het vanoggend gestyg & die Floriskraal Dam se oorvloei is tans 67cm plus een sluis van 4 duim.
Alle boere in en om die Gouritsrivier moet asseblief hul veiligheids maatreels ten opsigte van Diere en Gereedskap begin toepas om moontlike skade te voorkom.
Soos die water tans deur vloei behoort die Gouritsrivier teen more (11 Julie) middag tot laat middag se kant al begin te styg.
