Verkry van Klaas Prinsloo – Witkruis Monument
Daar vind weer in September 2024 die jaarlikse kruisplanting plaas.
Voorbereidings vir die kruisplanting geskied tussen 9 en 12 Augustus 2024.
Die Kruisplanting vind 13 en 14 September plaas. Die kruisplanting vind op die Witkruis Monument terrein buite Pietersburg (Polokwane) plaas. Die volledige lys van kruise wat geplant gaan word sal op 31 Julie bekend gemaak word. Volledige besonderhede sal vooraf aan familie, vriende en belangstellendes bekend gemaak word.
Tot op hede gaan daar 26 nuwe kruise geplant word. 5 kruise gaan herplant word.
Witkruis monument is op soek na borge en skenkings en hande om die geleentheid moontlik te maak.
Daar word baie hulp benodig en indien julle belangstel kan julle die Witkruis komitee kontak. Hul kontak besonderhede is soos volg:
Klaas Prinsloo – 072 443 7591
Hester Labuschagne – 078 348 4447
Daar kan ook bydraes in die Witkruis monument se rekening gemaak word:
Witkruis Monument NPC
Eerste Nasionale Bank
Rek No. 6309 8594 063
Tak: Platinum Park
Tjekrekening
Verwysing: Naam en Van
Video met meer inligting oor die Witkruis plantings geleentheid:
