Verskaf deur: Klaas Prinsloo van die Witkruis Monument
Oos-Kaap Oos-London – Daar het 20 Januarie omstreeks 3 uur die middag 3 onbekende mans persone te voet op die plaas Mooiplaas tussen Oos-London en Komga opgedaag om na jaghonde wat die boer teel te kyk. Die boer het aangebied dat hulle agterop sy Land Cruiser spring, dat hulle na die honde hokke kan ry. Daar word met groente en honde op die plaas geboer.
Die slagoffer was by die huis na middagete en het bietjie gerus toe die 3 verdagtes daar opgedaag het. Die seun van die slagoffer was reeds weer terug na die lande toe om verder te boer.
Toe die slagoffer uit sy voertuig klim is hy verras met ’n vuurwapen teen sy kop waartydens nog 5 verdagtes te voorskyn gekom het. Die 8 verdagtes het die slagoffer vasgebind en vir hom beveel om sy kluis se sleutel te oorhandig. Hy het aan hulle gesê dat die kluis se sleutel by sy vrou is en dat sy nie tans op die plaas is nie.
Die aanvallers het die slagoffer geskop en geslaan en gedreig om sy keel af te sny as hy nie sy kluis se sleutel oorhandig nie. Hy het hulle in hul eie taal Xhosa geantwoord en gesê hy het nie die kluis se sleutel by hom nie! Hy het ook gesê dat hulle maar moet doen wat hulle wil doen omdat hy nie die sleutel het nie.
Hulle het hom in ’n bad gesit en die warm waterkraan oop gedraai en ’n lap of ’n handdoek oor sy gesig gesit. Hulle het die warm water oor sy bedekte gesig laat loop sodat hy nie asem kon kry nie. Hulle het hom nog steeds geskop en geslaan.
Hulle het gedreig dat hulle ’n kettingsaag gaan vat en sy arms een vir een gaan afsaag totdat hy vir hulle sê waar die kluis se sleutel is.
Daarna het die aanvallers die kluis van die muur afgeruk en met sy Land Cruiser en die oudste seun se bakkie weggery. Die seun was met die vragmotor in die landerye besig om groente te laai tydens die voorval.
Hulle het die slagoffer vasgebind gelos en van die werkers in ’n koelkamer toegesluit. Nadat hy losgekom het, het hy sy seun verwittig wat gebeur het waarna die seun ’n noodroep uitgeroep het. Die bystand strukture was geaktiveer. Die verdagtes is agterna gesit en volgens berigte was daar 2 van die 8 aanvallers gevang.
Die Land Cruiser was op die N2 by die Beacon Baai afrit in Oos-Londen gekry. Een verdagte het weggehardloop maar hulle het die bestuurder gevang. Die seun se bakkie is ook in Oos-Londen verlate teruggevind.

Die kluis met die vuurwapens was nog agterop die Land Cruiser se bak gewees en is ook teruggevind.
Die slagoffer is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling en sy toestand is bestendig… Die vraag ontstaan onwillekeurig waarom die aanvallers net in die wapenkluis belang gestel het en niks anders gebuit het nie.

I sure wish you folks could get out of there before the blacks genocide you. If Europe and the U.S. had any sense, they would be evacuating you from there. I think it is our (the West) responsibility since we cause the Rhodesian and South African situation. So sorry for your struggle. Oriana sounds nice though.