Texas vrou kwaad toe McDonalds-werkers haar “hashbrowns” vergeet toe skiet sy op hulle

TEXAS. – ‘n Vrou (32) het op die werkers van ‘n McDonalds geskiet na hulle na bewering haar “hashbrowns” en koekies vergeet het.

Samantha Anthony is aangekla van aanranding met ‘n dodelike wapen na sy minstens agt keer op die venster van die deurry by ‘n McDonalds geskiet het.

Sy het op 30 Desember 2023 glo haar kos bestel en weggery. Die werker by die deurry het gesê sy het 30 minute later teruggekom om te sê sy het nie haar bestelling van “hashbrowns” en koekies gekry nie.

Die werker het glo gesien sy het die kospapiere op haar skoot en die sak waarin die kos was, maar sy het aangedring sy het nie haar kos gekry nie. Anthony het glo vir ‘n halfuur gestry met die werkers voordat haar kêrel daar aangekom het en gevra het waarom hulle haar ignoreer.

Sy het toe op die deurry begin skiet en daarna gevlug.

Anthony is 16 Mei by die Bexar-tronk ingeboek na sy in hegtenis geneem is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui