Devon Hofmeyr en Louis Liebenberg se Gala-ete saam met Jacob Zuma – UIM skors Devon

Die UIM het vir Devon Hofmeyr met onmiddellike effek van alle party aktiwiteite geskors hangende ’n ondersoek. Dit volg nadat Devon en Liebenberg ’n Gala-aand by Jacob Zuma bygewoon het.

Volgens die UIM het Devon Hofmeyr die party se gedragskode oortree deur saam met Louis Liebenberg die Jacob Zuma gala-aand by te woon!

Mense is ontstoke oor Devon se besluit en baie negatiewe kommentare was gelewer na die tyd

Een van die plasings:

Van wanneer af woon die Nasionale Jeugleier van ‘n opposisieparty, UIM, ‘n Gala-dinee van ‘n party soos MK by?

Veral as jy deel is van ‘n veelparty-verdrag wat die ellende beveg wat die leier van die MK-party, Jacob Zuma, na jou land gebring het?

● NET as jy so onkundig soos Devon Hofmeyr is…!

  • R300 000 per persoon, Hofmeyr en sy gf het komplimente van Louis Liebenberg bygewoon.
  • Niel de Beer, UIM-leier is om reaksie gevra.
  • Van Bittereiers-leier tot opsuig aan Jacob Zuma, geen beginsels nie, volg die geld.
  • Die gasheer en die kakiegas is albei verhoorafwagtend op verskeie aanklagte.
  • Ons wag op die reaksie van die DA se John Steenhuisen op sy paktmaat se optrede.
  • ’n STEM vir die DA is ’n stem vir MK-vriend/Bittereiers-leier Devon Hofmeyr.

■ Niel de Beer, SKAKEL asseblief NOU vir Hofmeyr!

■ John Steenhuisen, skop asseblief NOU die UIM uit die koalisieverdrag!

Die “Boerelegioen” wys ook hul ware kleure!

In ‘n skermskoot het die Booerelegioen ook hul ware kleure gewys met die slagspreuke

  • Viva Jacob Zuma
  • VIVA UIM
  • VIVA Louis

2 thoughts on “Devon Hofmeyr en Louis Liebenberg se Gala-ete saam met Jacob Zuma – UIM skors Devon

  1. Sjoe, arme Devon. Die geld is net te aanloklik.
    Dit is goed dat die Boerelegioen ook hulle ware kleure wys. Geld is belangrik as beginsels. Volksgenote wat nog by hulle skaar, moet weet dat hulle nie meer by ons is nie.

    1. Goeiedag Jann,
      Ja ongelukkig het Mammon se voetspore in hierdie land al onberekenbare smart vir die Boervolk veroorsaak.
      Devon is nie die eerste om in hierdie bosluis se slagyster te trap nie.
      Tot my eie ontsteltenis was ekself na een van sy lokvalle toe uitgenooi deur die Pretoriuse.
      Ek dank my Skepper dat ek daar kon wegbly.
      Boeregroete,
      DuP

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui